SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

14 Maart 2012: Kussings met silhoeėt-drukwerk.

Maak 'n Afdruk Afdruk
Marlize maak kussings met silhoeët-drukwerk

Benodighede:

Kussings met slope wat jy kan afhaal

Koerantpapier

Ondeursigtige materiaalverf (in kleur van jou keuse)

Spuitgom

Skêr

Sponsie

Verfkwas

Ontwerp (regte grootte uitgedruk)

Dik karton

 

Maak seker die kussingslope is gewas en goed droog. Lê die sloop op 'n plat oppervlak neer en maak seker jou ontwerp se grootte is reg. Spuit die rugkant van die ontwerp met gom en plak dit op 'n stewige karton vas. 

Kies 'n ontwerp met sterk buitelyne sodat jy die silhoeët daarvan kan gebruik. Knip die ontwerp al om die buitelyne uit. As jy een kies met openinge in die middel, gebruik 'n handwerkmessie op 'n snymatjie om dit uit te sny. Keer die ontwerp om sodat die kartongedeelte na bo wys.

Sit jou ontwerp op die koerantpapier neer, neem jou spons en druk dit in die verf. Druk nou lekker dik, maar egalige hale verf op die karton af. Onthou om tot reg op die rand van die ontwerp gom aan te wend. Keer nou die ontwerp om en posisioneer dit perfek op die kussingsloop voordat jy oor die rugkant vryf. Maak seker om oral te vryf sodat die verf ordentlik oordra op die sloop.

Nadat jy die ontwerp opgelig het, sal dit dalk nodig wees om dit verder in te kleur met 'n kwassie. Sommige materiaalsoorte is meer absorberend as ander en in daardie geval sal jy nog verf moet aanwend. Laat om goed droog te word.

Marlize maak kussings met silhoeët-drukwerk
Marlize maak kussings met silhoeët-drukwerk
Marlize maak kussings met silhoeët-drukwerk
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development