14 Maart 2012: Gereedskaphouers

Gereedskaphouers

Benodighede:

Stukke afvalpyp van verskillende groottes

Bypassende proppe vir pype

Plastiekgom

Ystersaag

Skuurpapier

Liniaal

Merkerpen

 

Gebruik die grootste pyp om 'n houer vir jou los skroewedraaiers te maak. Sit jou grootste skroewedraaier op die pyp neer om sy lengte af te merk. Laat 'n paar sentimeter aan elke kant toe en maak merkies met die merkerpen. Neem jou liniaal en trek 'n lyn op die pyp waar jy dit gaan afsaag. Die ystersaag is perfek om plastiek mee te saag, want die tandjies is lekker fyn. Vir die oneweredige kante van die pyp nadat jy gesaag het, word die skuurpapier gebruik om dit glad te maak.

Om te sorg dat die gereedskap nie uitval nie, gom 'n prop aan die onderkant van die gesaagde pyp vas. Smeer die gom aan die binnekant van die prop en druk die pyp binne die prop in. Hou dit vir so 'n paar sekondes vas sodat die gom kan set. Herhaal die proses vir 'n deksel en skryf sommer bo-op watter gereedskap daarin gestoor gaan word.


 

Gereedskaphouers
Gereedskaphouers
   

Lees Ook: