SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

14 Julie 2010: Hangkashandvatsels

Maak 'n Afdruk Afdruk
handvatsels Jy benodig
Nuwe handvatsels
Boor
Houtboorpunt – dikte moet pas by dié van die handvatselskroef
Stukkie hout
Maatband
Maskeerband

Hou die handvatsel teen die kasdeur om die posisie te bepaal. Onthou dat die kaste dalk ook deur kinders oopgemaak moet word, so sit dit liewers laer as hoër.

Skat sommer eers met die oog of die handvatsel mooi gelyk is. Maar onthou, dié lukrake metery is bloot vir die plaas van die handvatsel.

Wenk: Om jou lewe makliker te maak: vat 'n stukkie hout wat 'n reghoek vorm en merk daarop waar presies die gaatjies geboor moet word vir die spesifieke handvatsel wat jy gekoop het.

Skat dan met die oog of die handvatsel loodreg staan. Boor twee gaatjies in die stukkie hout wat ooreenstem met die handvatsel. Die stukkie hout kan ook terselfdertyd die afstand wat die handvatsel van die kant van die kasdeur af moet wees, aandui.

Al wat jy nou hoef te doen is om met jou maatband te meet presies hoe hoog op die kasdeur jy jou nuwe handvatsels wil hê. Plak 'n stukkie maskeerband op die gedeelte – dis bloot sodat jy nie hoef te sukkel om die potloodmerke na die tyd af te kry nie.

Neem die maatband en stukkie hout, hou dit teen die rand van die kasdeur en merk presies waar die gaatjies geboor moet word. Boor met 'n houtpunt op die normale boorfunksie die gaatjies deur die deur. Trek die maskeerband af en druk die skroefies van agter af deur om die nuwe handvatsel vas te skroef.
Kashandvatsels
Mates
Kashandvatsel mates
Skroef handvatsels vas
 

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development