SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

14 Julie 2010: Dekoratiewe borde

Maak 'n Afdruk Afdruk
papierbord stensil Jy benodig
Ou borde
Grys onderlaag – in 'n spuitkannetjie
Koerantpapier
Wit spuitverf
Rooi handwerkverf
Plastiekbotteltjie met tuit
A4-velle karton
Patrone van voëltjies, blomme ens. (om as stensils te dien)
Spuitgom
Handwerkmessie
Snymat
Sponsie
Piering
Wondergom
Spieëlplakband of bordhangers (met muurhakkies opsioneel)
Asyn (opsioneel)

Was die borde goed skoon in warm, seperige water. Voeg 'n doppie asyn by die afspoelwater om te verseker dat daar geen vetterigheid meer op die borde oorbly nadat dit goed afgespoel is nie. Laat dit heeltemal droog word.

Pak die droë borde op koerantpapier uit en spuit hulle met die grys onderlaag tot hulle egalig bedek is. Op gekleurde borde of borde met patrone is die verf natuurlik makliker om te sien as op wit borde, maar probeer om sover moontlik egalig te spuit. Al gebruik jy wit borde vir hierdie projek, is dit nog steeds belangrik om hulle met onderlaag en wit verf te spuit, aangesien die eindresultaat dan 'n lieflike kontemporêre afwerking soos dié van ongeglasuurde keramiek kry. Onthou om in 'n goed geventileerde vertrek te werk, maar vermy winderige areas, aangesien jy gaan sukkel om die verf op die regte plek te spuit. Laat die borde goed droog word voor jy verder werk.

Spuit nou al die borde met twee tot selfs drie lae wit spuitverf en gee dit telkens genoeg droogwordtyd tussen lae. Die geheim om 'n perfekte wit bolaag te kry is om ligte, egalige lae te spuit, in plaas van een dik laag. Wees ook versigtig dat verf nie vanaf die kannetjie op die borde drup as jy reg bo dit spuit nie. Dit sal lelike spatsels maak wat jy nie maklik weer sal kan verbloem nie. Laat die borde weereens goed droog word voor jy verder werk. Nou kan jy begin om die borde met verskillende tegnieke te versier.

Stippelpatroon
Skep 'n biejtie van die rooi handwerkverf in die plastiekbotteltjie met die tuit – hierdie tipe botteltjies is gewoonlik beskikbaar by plastiekwinkels. Haal die doppie van die botteltjie af en begin om jou patroon op die bord oor te dra deur kolletjies te maak waar die buitelyne van die patroon is. Hou die oorspronklike patroon byderhand om na te verwys terwyl jy die kolletjies maak. Laat die verf goed droog word.

Wenk: As jy sukkel om die kolletjie-patroon direk op die bord sonder riglyne te maak, kan jy dit eers baie liggies op die bord teken met potlood en dit net weer uitvee wanneer die verf heeltemal droog is.

Stensilpatroon
Kopieër die patroon wat jy wil gebruik, of druk dit met jou rekenaar op gewone wit papier van die internet af uit. Plak dit dan op 'n vel karton met spuitgom. Sny die donker gedeeltes van die patroon uit om 'n stensil te maak. Gebruik 'n handwerkmessie hiervoor en werk op 'n snymat. Sny die uitgesnyde stensil met 'n skêr sodat dit mooi in die bord pas, spuit die rugkant van die stensil ook met spuitgom en plak dit tydelik in die bord vas voor jy die verf liggies oor die oop gedeeltes aanspons. Skep 'n bietjie verf in 'n piering uit, doop jou spons daarin en klad dit op 'n stuk koerantpapier tot dit feitlik heeltemal droog is. Spons die verf dan liggies en herhaaldelik oor die oop gedeeltes van die stensil tot jy tevrede is met die kleurintensiteit. Lig dan die stensil versigtig op en laat die verf droog word.

Wenk: Onthou vir interessantheid dat jy 'n spieëlbeeld van jou oorspronklike patroon sal kry as jy die uitgesnyde stensil omkeer sodat die oorspronklike patroon aan die agterkant sit.

Omgekeerde stensil-effek
Gebruik dieselfde tegniek as by die stensilpatroon, maar sny hierdie keer jou stensil sodat dit soos 'n silhoeët lyk en plak dit in die middel van die bord vas. Spons dan die res van die bord in met die verf. Lig weereens die stensil versigtig op. Die patroon sal hierdie keer wit wees en die res van die bord in kleur.

Laat die borde eers tot heeltemal droog en sit dit dan tydelik met stukkies wondergom teen die muur vas totdat jy tevrede is met die uitleg. Daarna kan jy dit meer permanent vassit met iets soos spieëlplakband of bordhangers, wat by die meeste ysterwarewinkels beskikbaar is.

Verf borde wit
Strek stensil af
Omgekeerde stensil
Verf op bord
Maak papier stensil
Marlize Lotz
Finale produk
 

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development