14 Desember 2011: Marlize maak kersgeskenk

kalender

Benodighede:

CD-houer

Paar stukkies kleurvolle plakboekpapier

Kalender (uitgedruk op gewone wit papier)

Snymat

Handwerkmessie

Metaalliniaal 

Spuitgom

Sny eerste die maande van die kalender uit. Gebruik jou handwerkmessie en metaalliniaal om dit in reguit lyne te doen. Meet die binnekant van jou CD-houer sodat jy weet hoe groot die kaarte moet wees waarop elke maand geplak gaan word. Sny die gekleurde plakboekpapier nou volgens hierdie mates. Jy het 'n “kaart” (vel plakboekpapier) vir elke maand nodig en speel hier gerus met kleure en motiewe waarvan jy (of die ontvanger van die geskenk!) sal hou.

Sprei nou die rugkant van ses van die kaarte met die spuitgom. Plak nou die ander ses daaraan vas. Spuit nou die rugkante van die kalendermaande wat reeds uitgesny is en plak hulle op die kaarte vas. Werk van Januarie tot Junie en draai dan al die kaarte om sodat jy weer van Julie tot Desember kan plak. Sodoende volg al die kaarte mooi opmekaar in die staander. Sit al die kaarte in die CD-Houer.

Verpakking:

Gebruik enige boksie of 'n gekoopte geskenkboksie met 'n vel sneespapier van jou keuse. Versier met 'n lint of vars blom.

kalender
kalender
papier
 
   

Lees Ook: