14 Desember 2011: Kersgeskenk

poshortjie

Benodighede:

Hortjies (houtpaneel)

Skroewedraaier

Growwe skuurpapier

Houtvuller

Boor met 'n houtboorpunt

Skoolbordverf

Kwas

Goingsak

Tou

Skêr

Krambinder

Maak die hortjies mooi skoon, gebruik skroewedraaier om alle oortollige handvatsels en skarniere te verwyder. Besluit watter kant jou voorkant gaan wees en maak al die lelike gaatjies aan daardie kant met houtvuller toe. Sodra die houtvuller droog is, kan jy begin afskuur. Skuur deeglik en maak seker jy verwyder alle afskilferende verf. Nou kan jy begin verf. Karin kies skoolbordverf sodat die persoon wie die geskenk ontvang, selfs notas daarop kan skryf.

As die verf droog is, boor 'n gaatjie in elke hoek sodat die hortjie gereed is om opgesit te word.

Verpakking: vou die goingsak oop op 'n tafel en sit die hortjie bo-op sodat jy kan sien hoe groot die sak gesny moet word. Los so 5 cm aan elke kant en sny die sak volgens grootte uit. Vat die krambinder en kram solank die een snykant van die goingsak vas. Gly nou die hortjie by die oop kant in en dan kan jy die kant ook toekram. Vou die boonste gedeelte van die sak wat oorhang, dubbeld, neem jou skêr en maak twee gaatjies daarin. Ryg die tou deur die een gaatjie en maak 'n knopie aan die agterkant.

Ryg dit dan deur die ander gaatjie, toets die lengte, maak dan nog 'n knopie en sny die res van die tou af. Sit sommer ook 'n paar skroefies vir die ophangslag en 'n sakkie bordkryt binne-in om die geskenk te voltooi.

houthortjie
houthortjie
bordkryt
 
   

Lees Ook: