11 Mei 2011: Herstel kaggelroes

Karin Cronje herstel ou kaggel

Hou gerus op wakker lê – selfdoenghoeroe, Karin Cronjé, het 'n plan.

Jy benodig:
draadborsel
growwe en fyn skuurpapier
spesiale putty, kleefstopverf,vir staal wat spesifiek hittebestand is
skraper
blikkie hittebestande metaalverf
kwas

Begin deur die ergste geroeste stukke van die skoorsteen met die draadborsel skoon te krap. Gebruik 'n growwegreinskuurpapier -  80 is voldoende - om alle skilferende verf af te skuur.

Vat nou 'n fyner grein skuurpapier om die metaal, en veral roesplekke, skoon te skuur. Wees versigtig om nie te hard te druk nie, want jy wil nie die gate nog groter maak nie.

Sodra jy tevrede is met jou skuurdery, vee alle stof deeglik af. Vat die skraper en sny 'n stukkie putty van die stafie af. As die putty hard is, kan jy dit effens sagter kry deur tussen jou vingers te brei.

Druk dit versigtig met die skraper in die roesgaatjies in. Ook in die voue van die skoorsteen. Verwyder liefs al die oortollige stopverf onmiddelik – want die wonderlike goed word binne dertig minute so hard soos staal. Sodra die putty geset het, kan jy dit glad skuur.

Al wat nou oorbly is om die hele vuurherd in spesiale hittebestande verf te doop en jou irritasies is iets van die verlede.

Skuur roes van ou kaggel af
Vee stof en roes van ou kaggel af
Verf ou kaggel
 

Lees Ook: