11 Januarie 2012: Merke op meubels

karin gee raad

Raad vir onooglike merke en brandplekke op hout

Benodighede:

Growwe en fyn skuurpapier

Klein houtblokkie

Skoppie + klein besem

Klam lap

Kwassie

Houtbeits (in die kleur van jou meubelstuk)

Draai growwe skuurpapier om die houtblokkie en skuur die oppervlak af waar die merke sit. Die blokkie help jou om eweredig te kan skuur. Werk in die rigting van die grein van die hout totdat al die oorspronklike vernis verwyder is. Sodra die kolle heelwat ligter is, neem die fyn skuurpapier en doen die skuurafrondingswerk. Vee al die houtstof af en vee ook met klam lap skoon. Wag tot die hout heeltemal droog is. Verf nou 'n lagie van die houtbeits ('n waterbasis vernis) oor die areas met die kolle. Werk weereens met die grein van die hout. Verf nou nog 'n paar dikker lae oor die hele oppervlak van jou meubelstuk.

karin gee raad
houtbeits
 
   

Lees Ook: