10 Augustus 2011: Tuisgemaakte seep

Wit bakkie met seep op mat Handgemaakte seep is altyd 'n wenner. Of jy dit nou maak om self te gebruik of graag as geskenk weggee, dit bly gewild. As jy boonop die smeltmetode gebruik wat Marlize vandag demonstreer, is dit vreeslik maklik om te maak en kan jy lekker kreatief raak.

Marlize wys ons hoe om klapperseep te maak en daarvoor het jy die volgende bestanddele nodig:
ongegeurde wit en deursigtige seepbasis
organiese klapperolie
gedroogte klappervlokkies
maatbeker
mikrogolfoond
gietvorms
plastiek snymatjie
mes
veiligheidsbril

Skat hoeveel vloeistof jy gaan nodig hê om jou vorms vol te mak en sny dan genoeg van die seepbasis af. As jy nie wil hê dat die seep té deursigtig moet wees nie, moet jy meer van die wit byvoeg.

Gooi dit in die maatbeker en voeg 'n bietjie van die klapperolie daarby. Die klapperolie, wat op hierdie stadium ook nog in 'n vaste vorm is, is baie voedend vir jou vel en gee ook die heerlike klapperreuk aan jou seep. Moet egter nie te veel bysit nie want dan sal die seep te olierig wees en nie stol nie.

Sit iets bo-op die maatbeker om te verhoed dat dit spat en smelt dan alles saam in die mikrogolfoond.

Laat staan dit vir 'n rukkie om af te koel, gooi die klappervlokkies by en roer goed voor jy dit in die vorms giet. Jy kan soveel klapper byvoeg soos jy wil – hoe meer jy bysit, hoe growwer sal die seep wees.

Jy kan plastiekvorms gebruik wat spesiaal vir hierdie doel gemaak is, of enige ander vorm, soos ou pastaboksies wat oopgesny is. Laat staan dit dan vir so ongeveer 'n uur tot die seep heeltemal afgekoel het en hard is.

Druk dit uit die vorms en verpak dit in waspapier. Onthou 'n mooi lintjie indien jy dit as geskenk wil weggee.

Dis so maklik soos een-twee-drie! So speel gerus met verskillende kleure en geure en interessante dinge uit jou koskas om jou eie unieke seep te maak.

Pasella bedank graag:

Marlize Lotz
marlize@modehani.co.za
Deursigtige seepbasis
tuisgemaakte seep benodigdhede
Smelt seep basis
Wit seepbasis in bakkie
Giet seep in bakkie
tuisgemaakte seep benodigdhede
   

Lees Ook: