10 Augustus 2011: Druppende Geute

Geut As druppende geute jou grensloos iriteer het Karin vir jou die ideale oplossing. Kies enige sonskyndag en los hierdie probleem in 'n paar eenvoudige stappe op.

Jy benodig:
Buisie Mastic-gom
Harde skropborsel
Skraper
Growwe skuurpapier
Ou lappie
Leer

Neem die lappie en vee die binnekant van die geut droog. Partykeer word reënwater in die ou Mastic vasgevang en kan dan veroorsaak dat die nuwe Mastic nie klou nie. Skrop dus die ergste vuiligheid met die borsel weg. Volgende skuur jy die lasplekke in jou geut met die skuurpapier sodat die Mastic beter aan die oppervlak sal vasklou.

Wend nou die Mastic met die skraper aan die lasplekke aan. Gebruik sommer jou vinger om dit stewiger vas te druk en seker te maak dat die hele las gevul is. Veral in die rondings. Verwyder die oortollige Mastic met die skraper vir 'n afgeronde voorkoms.
Skrop geute skoon
Maak geut skoon
   

Lees Ook: