SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

1 September 2010: Tuisgemaakte kompos

Maak 'n Afdruk Afdruk
kompos benodighede Daar is nie 'n beter manier as om goeie kompos uit organiese materiaal te maak en te gebruik nie. Tuin-ghoeroe Anna Cilliers het 'n maklike manier gevind om die maksimum uit moeder natuur se gratis gawes te haal.

Jy benodig:
Tuinafval
Swartsakke
Hoendermis

Kompos vir nat weer
Neem 'n sterk swartsak en gooi 'n lekker dik laag tuinafval (onkruid, blare, takkies) daarin om die basis te vorm. Dek dan hierdie eerste laag tuinafval met 'n lagie opgefrommelde koerantpapier en dan 'n laag nat gras. Daarna gooi jy 'n dun lagie, ongeveer 1cm, van die fyn hoendermis oor. Jy behoort die hoendermis by enige kwekery te kry, en dit is ook natuurlik die aanjaagmiddel om die kompos gouer bruikbaar te kry. Die laaste lagie vir hierdie 'lasagne'-kompos is 'n lagie droë blare. Herhaal hierdie proses totdat jou swartsak vol is en knoop toe. Steek dan gaatjies – sommer met jou vinger – in die kante van die swartsak om lug in te laat. Dop nou die sak om en plaas dit teen 'n muur in 'n hoekie van jou tuin vir ongeveer twee maande voordat jy die kompos kan gebruik.

Kompos vir droë weer
Die resep vir die droëweerkompos is bietjie anders. Mens kan al die takkies, blare en grasafsnysels sommer iewers in jou kruiwa laat uitdroog en dan weer 'n stewige swartsak halfpad daarmee vul. Daarna kom daar 'n 1cm lagie fyn hoendermis voordat jy die sak met die res van jou tuinafval vul. Voordat jy die sak toeknoop, moet jy eers die droë bestanddele goed natmaak om te verseker dat die verrottingsproses sal plaasvind. Steek weer eens gate in die swartsak, maar hierdie keer slegs aan die onder- en een kant van die sak, anders gaan dit jou mure baie vuil maak. Plaas die sak teen 'n muur in die hoekie van jou tuin vir ongeveer 2 maande voordat jy die kompos gebruik.

Gebruik hierdie resep om met min moeite natuurlike kompos vir jou tuin te maak.
koerantlagie
tuinafval
anna cilliers
tuisgemaakte kompos
 

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development