1 Februarie 2012: Verf afskilfer

afskuur

Benodighede:

Skraper

Skoppie en besem

Fyn en growwe skuurpapier

Roeswerende verf en kwas

Aangemaakte vulstof

Muurverf

Hou die skoppie onder die kol en skuur goed af – eers met die skraper, dan met die growwe skuurpapier. Die skuurpapier maak die oppervlakte gladder en laat jou gewoonlik uitkom by die moontlike oorsaak van die probleem. 'n Spyker kon in die muur geskuil het of metaal wat tydens die bouproses gebruik is, kan begin roes en dus jou verf laat afskilfer.

In die geval is dit 'n ou spyker wat in die baksteenmuur vassit. Dit kan 'n groter gat veroorsaak as jy die spyker probeer uithaal, so laat dit liefs net daar en behandel dit. Skuur met die fyn skuurpapier en neem dan 'n droë kwas en vee die oppervlakte skoon. Verf dit nou deeglik met die roeswerende verf om te voorkom dat die probleem weer opduik.

Sodra die waterbasisverf droog is, neem jy jou skraper en vulstof en maak die area weer mooi gelyk. Onthou om alle oortollige vulstof dadelik af te skraap want dit word deksels hard en is dan moeilik om na die tyd te verwyder. Skuur die muur nog een keer af en dan is dit tyd om weer oor te verf vir 'n muur wat splinternuut vertoon. 

afskuur
roeswerende verf
muur verf
   

Lees Ook: