SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

1 Februarie 2012: Letterkuns

Maak 'n Afdruk Afdruk
letterkuns

Gebruik letters en woorde om jou mure mee te versier. Jy kan dit direk op die muur verf of vasplak, maar vir 'n minder permanente effek kan jy op dieselfde manier iets op 'n skilderdoek skep. Jy het 'n skilderdoek nodig en letters of woorde wat jy van die rekenaar af kan uitdruk. Stukkies koerantpapier wat die agtergrond van die kunswerk gaan vorm, houtgom en 'n kwas, spuitverf en spuitgom en 'n skêr.

Begin deur die agterkant van die stukkies koerantpapier met houtgom te verf en plak dit oral op die skilderdoek totdat dit heeltemal bedek is. Onthou om net swart-en-wit koerantpapier te gebruik vir 'n lekker moderne gevoel. Knip nou jou letters uit en rangskik tot op die skilderdoek soos jy wil. Spuit nou die rugkante van die letters met spuitgom. Laat dit vir 'n rukkie lê totdat dit taai is (en nie meer nat nie), want jy wil dit net tydelik op jou skilderdoek plak.

Plaas die letters nou weer terug in hulle posisies op die skilderdoek en spuit die hele skilderdoek met spuitverf in die kleur van jou keuse. Laat dit om droog te word. Wanneer droog, trek die letters versigtig af en siedaar – jou eie, kontemporêre kunswerk. 

koerantpapier
plak koerantpapier
 
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development