1 Desember 2010: Mosaekspiel

Spieel op supawood raam

Almal het egter nie altyd lus, of die tyd, vir 'n langdradige proses nie, want glo ons, as jy hope klein stukkies teël, keramiek of spieël in 'n patroon moet vasplak, kan dit nogal tyd neem.

Dus wys handwerk-ghoeroe Marlize Lotz vandag vir ons 'n vinnige en maklike manier om 'n pragtige mosaïekspieël aanmekaar te slaan.

Jy benodig
Sandsteenmosaïekteëltjies, reeds in 'n patroon op gaas
Spieël, reeds gesny
*Supawood vir rugkant, reeds gesny
Sterk spieëlgom
Teëlgom
Rubberskraper
Ou lappie

*Pak die spieël met die stroke mosaïekteëltjies rondom uit en meet dan hoe groot die rugkant moet wees voor jy die Supawood gaan koop.

Begin deur die spieël op die Supawood vas te plak, maak seker dit is goed gesentreer.
Pak die mosaïekteëlstroke om die spieël uit om seker te maak alles pas goed. Jy gaan die punte van die stroke wat oor die rand van die bord steek moet korter maak. Trek die teëltjies op daardie gedeeltes af en sny die gaas weg met 'n skêr. Jy kan die openinge later invul met van die los teëltjies.

Smeer teelgom egalig oor die oop gedeeltes van die Supawood langs die spieël – jy kan dit lekker dik aansmeer. Marlize gebruik sommer die klaar aangemaakte tipe, want dit bespaar nog meer tyd. Die idee is dat die gom deur die openinge tussen die teëltjies sal opstoot wanneer jy dit vasdruk, want dan het jy nie eers voegbry nodig nie.

Druk die teëltjies stewig vas in die teëlgom en skraap die oortollige gom weg met die rubberskraper. Maak die teëlgom netjies met jou vingers – veral aan die kante en vee die teëltjies skoon met die lappie.

Pasella bedank graag:

Villa Zest Boutique Hotel
Braemerstraat 2, Groenpunt, Kaapstad, 8005
Tel: 021 433 1246
E-pos: info@villazest.co.za
www.villazest.co.za


spieelgom
mosaiekteeltjies om spieel
mosaiekteel gom
mosaiekteel skraper
   

Lees Ook: