Amalia ontmoet Candice Mckay

31 November 2018

Vir ons derde episode van seisoen 27 is Pasella op en top met die nuutste haarstyle.  

Een van Suid-Afrika se internasionaal befaamde haarkappers, Candice Mckay, vir ons wat ‘n knip en ‘n kleur aan ‘n kop kan doen. Een van haar modelle is ons eie Amalie. Candice gee klas by top internasionale haar-skoue en geleenthede. Sy het pas teruggekeer van klasse wat sy in Ysland aangebied het. Sy besit sedert 2007 haar eye haarsalon en wys vir ons hoe dit gedoen word. 

Later ontmoet ons ook vir Fanie Cronjé. Hy maak seker Amalia lyk beeldskoon vir haar Sarie-voorblad.