SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Irshaad Ally blogs

 
« Pasella aanbieders blogs 
Fietsry om 'n verskil te maak
14 Maart 2012 (17:07:02)

Pasella presenter Irshaad at the start of the Argus

Fietsry om 'n verskil te maak

Ek het dit al een keer vantevore gedoen en nou ses jaar later het ek dit weer gedoen. Ek klim op 'n geleende fiets en trap die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer se 110km sonder enige oefening of voorbereiding.

Maar hierdie keer was my waansin met liefdadigheids gemotiveer omdat ek dit met D4D of 'distance for difference gedoen het'. Die groep goeie mense samel geld in vir welsyn organisasies en dis als te danke aan Albert de Bruijn dat ek en D4D nou mekaar goed ken.

Pasella presenter Irshaad getting ready for the Argus


Dit was 'n dag van gebreekte fietse, maar vir die tien duisende fietsryers van die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer., was die uiterste temperature hul grootste struikelblok hierdie jaar.

Mediese tente het al die pad langs die 110km gepak gestaan met die behandeling van hoofpyn, hitte beroerte, naarheid en krampe.


Pasella presenter Irshaad riding the Argus


Ek het selfs 'n bietjie swak gevoel to ek by die berugte Chapmans Peak kom maar ek moes aanhou, alhoewel  'n fietryer vir my met sekerheid vertel het dat die wetren gekanselleer was as gevolg van die ondraaglike temperatuur. Ek het hom net aangekyk en gese, "Jy's gek as jy dink ek gaan hier tou opgooi."
'n Paar minute na daardie ontmoediging het ek ander fietryers gevra of die wetren regtig gekanselleer was. Ek moet bieg, ek was 'n klein 'n bietjie teleurgesteld om te hoor dat dit nie so was nie - net 'n klein bietjie.

Ek dink die Argus-fietstoer is 'n goeie voorbeeld van die menslike gees en kameraadskap.
Dit wys daai ingebore gees in almal van ons om nie net onsself en die wêreld uittedaag nie, maar ook om ons medemens te help langs die pad.

Dit is bloot net wie ons is al se anders wat.


Pasella presenter Irshaad Ally riding the Argus


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development