SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Gestoofde vrugte vir ontbyt
Gestoofde vrugte vir ontbyt »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Vicky Davis

 
Vicky Davis
Vicky Davis Vicky Davis Vicky Davis
Vicky Davis Vicky Davis Vicky Davis
Vicky Davis
Vicky Davis

Na ’n produktiewe tydperk in Johannesburg is ek gelukkig om weer terug te wees in die Kaap as vryskut aktrise, waar ek met groot opgewondenheid by die Pasella-span aangesluit het as aanbieder.

Ek geniet my nuwe pos gate uit en voel baie gemaklik voor, en welkom agter, die Pasella-skerms. Om deel te wees van een van die gewildste en insiggewende programme op TV is waarlik ’n voorreg. En om boonop elke week SA se interessantste plekke, mense en dinge te kan ontdek en te deel met die res van die land, is vir my ’n uiters vervullende ervaring wat my passie vir stories en my liefde vir avontuur voed.

Ek is gebore in die Kaap en het grootgeword in die Boland waar ek op Somerset-Wes skoolgegaan het. My ouers, albei eertydse joernaliste, het van vroeg af my liefde vir die kunste aangemoedig. Na skool is ek Universiteit Stellenbosch toe waar ek ’n BA- graad in Drama en Tale (Eng) en ’n honneursgraad in Drama (Regie) met Afrikaans en Nederlands, verwerf het. Een van my hoogtepunte as student was toe ek ’n Fleur du Cap teatertoekenning ontvang het as mees belowende student, en die US Drama toekenning vir beste aktrise.

In 2006 sluit ek aan by die rolverdeling van 7de Laan as Bart (Neil Sandilands) se tragiese geliefde, Tessa Krige.

In 2008 verlaat ek 7de Laan na twee goeie jare en keer terug Kaap toe. Behalwe aanbieding en toneelspel, is my ander groot liefde skryf.

Wanneer ek ’n blaaskans kry (en klaar my Facebook gecheck het…) bring ek tyd in die buitelug deur – ek doen graag rotsklim en het onlangs begin bergfiets ry. Verder speel ek ook action netball en wil graag perdry opneem (ek het alreeds ‘n paar lesse op Pasella gehad!). Ek is ook baie lief vir reis en vir diere (ek het selfs al ’n kursus in dierekommunikasie geloop) of om sommer net te lees of lekker te kuier en te besin oor die lewe saam met die mense vir wie ek lief is. Van alles koester ek kennis, privaatheid, kreatiwiteit, regverdigheid, liefde en my sin vir humor (ge-erf van my pa) die meeste in die lewe.

My leuse? “Fortune favours the brave!”

5 March 2012
06 Maart 2012 (12:26:28)

Hulle se dis ‘n hondelewe, maar kyk, as middelpunt van ‘n sogenaamde ‘celeb’ se bestaan is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Vicky is vanoggend hier weg om ‘n Pasella insetsel te gaan skiet oor hasies en kinders, en genadiglik het ek die huis vir myself. Sy’t vir my ‘n bak vol organiese, nie-allergiese, nie-kunsmatige, geen preseveermiddel, ‘free range’ hondekos gelos – met ‘n toe blik Husky in die kas wat vir my sit en loer. Dis een van haar meer onlangse groen eksperimente. Sug.

Met ‘n soen op my neus en “Pas nou die huis mooi op, Jonathan,” is sy hier weg. Ek dink nie haar skoene pas by haar outfit nie, maar gelukkig neem hulle meestal nie haar voete af nie.

My naam - ek is blykbaar vernoem na een of ander seemeeu uit ‘n boek. Volgens Vicky was hy koel, maar sy dink haar skoene is ook koel. Ons was die Desember vakansie op Kaap st Francis en sy het my die heel tyd die meeue uitgewys: “Kyk Jonathan, daar’s jy.”

Nou ja, wat kan mens se? Ek mag wit en swart wees, maar vir die res was dit my grootste plesier om die lot krysende kwartels op op en af te jaag langs daardie mooi strand. Selfs geslaag daarin om een of twee te skraap, wat Vicky natuurlik al gillende laat nader storm het (en my heimlik laat giggel het).

 Mens moet in die algemeen maar kies  wanneer om vir Vicky te luister, maar in daardie geval nog (met die kwartels bedoel ek nou) het sy net nie die volle omvang van situasie gesnap nie. Aan my sy was ‘n vierpotige godin van opregte Belgiese Herdershond afkoms - lang blonde hare, lang bene, sproete aan albei kant van haar gesig – en waragtig al wat my luim na die trip van die Kaap af kon lig. Liefste Vicky het my mos doodluisters by Kaapstad Internasionaal ingetjek in ‘n boks en my P.E toe gepos – as jy nou gedink het budget airlines vir mense is ‘n beproewing, kom hang saam met ons vierlediges daar onder in die ruim. 

Jonathan Livingstone Border-Kollie

Half bedwelmd van die exhaust fumes het ek in PE lughawe uitgestrompel uit die boks, en haar goed laat besef dit was nou nie te snaaks vir my nie. Maar, mense, alles was vergete toe ons stop by een van die bekoorlikste kusdorpies langs die Suid Afrikaase kus, en sweerlik die bekoorlikste meisiehond van my 10 maande oue bestaan op die stoep vir ons staan en wag – Sheeva

Die twee weke wat gevolg het was een van sonskyn, strande, rotspoele en braai elke dag. Vicky is mos baie na aan ‘n kat, want sy’s net so versigtig vir water, en gelukkig ook lief vir vleis (spesifiek steak). Daar was nie ‘n dag wat ek en Sheeva nie elkeen ons keuse gehad het van T-Bonebene nie.

So is ons is ook dan 2012 in (met ‘n steak braai) en my tyd saam met Sheeva was vinnig besig om uit te loop. Bloublommetjieskloofplaas daar op Wellington se brakke het natuurlkik aan my lippe gehang met ons tuiskoms (hoe ver is ‘n vliegtuig nou ook aan hulle bestaan?), maar dis niks nuut nie. Hulle tonge het ook uitgehang, want hier in die kloof is Januarie nie ‘n grap nie. Die kwik styg maklik bo veertig grade, dis dan wanneer ek ‘n stok buite gaan kry en vir Vicky vat. Ons het ‘n dam hier onder waar die perde wei en dis vet pret. Vicky kyk hoe ver sy die stok kan gooi en ek duik dit uit. Uiteindelik lyk dit net te lekker vir haar en dan waag sy dit ook in die water en kom swem saam. Moet se, as sy eers in is kry jy haar ook nie sommer uit nie.

Jonathan Livingstone Border-Kollie

Deur Januarie en Februarie het ons gesweet en geswem, Vicky was nogal besig. Sy het die gewoonte om met my te praat asof ek ‘n mens is, so mens weet nogal wat in haar lewe aangaan. Sy het gewerk aan twee Pasella shoots – een oor kook en tuinmaak en een oor muise; en Vloeksteen (‘n dramareeks oor diamantduikers langs Weskeus) en Ouma en Oupa (‘n komediereeks met Johan en Lida Botha in die hoofrolle.) Dan waag sy ook haar hand aan papier, onlangs ‘n kinderleesboek klaargemaak, en einde laas jaar ook haar Meestersgraad in Drama (oor teater as opvoedundige medium vir HIV bewuswording) waaroor ek baie bly was want die dae was baie boring vir my as sy heeldag voor die rekenaar moes sit en nooit met my kon bal speel nie. Die Fiesta’s van twee weke gelede was veral nogal ‘n hoogtepunt vir haar, waar sy genomineer was saam met skrywer Francois Bloemhof vir Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Opvoering vir haar show wat sy gedirect het, Hel op Hemel-en-Aarde. (Sy was veral nogal op hol oor ‘n rok, gelukkig het Richard van Hip-Hop weer tot haar redding gekom.)

Verder skryf sy ook nou ‘n opvolg opvoedkundige teater stuk oor alkoholmisbruik en dwelmverslawing, en sy vra my die heeltyd vir idees. Asof ek nie genoeg het om te doen met hierdie blog nie!

“Jonathan, wat sal ‘n goeie naam wees vir ‘n drug dealer, met die naam Mannie D Rax se girlfrien??”

Ek sou se, “Crystal-Beth,” en, as ek nou lank genoeg vir haar kyk, met oe wat sy voel haar verstaan, gaan sy self daarby uitkom.

Ja-nee, dis ‘n ‘celeb’ honde lewe hierdie.

 

Tot volgende keer,

Jonathan Livingstone Border-Kollie


Kommentaar / vrae:

 Baie geniet!!!
deur endika van der walt
07 March 2012 10:06:46






Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development