SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Paul Rothmann

 
Paul Rothmann
Paul Rothmann Paul Rothmann Paul Rothmann
Paul Rothmann Paul Rothmann Paul Rothmann
Paul Rothmann Paul Rothmann
Paul Rothmann

Ek is gebore in Tel Aviv in Israel waar my ouers in die diplomatieke diens was. Toe ek een jaar oud was, het ons na Argentinië verhuis waar ons nog vier jaar gewoon het.

 Terug in Suid-Afrika, het ons in Pretoria gevestig waar ek aan die Afrikaans Hoër Seunskool gematrikuleer het. Ek was nog altyd mal oor sport en op skool het rugby, swem en 'n karate my besig gehou. Daarna het ek op ‘n Kibbutz in Israel gaan werk en bewus geword van my passie vir die vreemde – hetsy interessante kos, mense of plekke.

 In 1997 begin ek by Tukkies B.Com Regte swot en ontdek Volkontak Thaiboks. In my finale jaar (1999) word ek gekies as die Patrick Daniel – Model of the Millennium. Dit het my lewe natuurlik verander en dis ook toe dat ek aanbieder op Pasella geword het.

Sedertdien het ek ook my LLB graad voltooi en iewers tussenin ook die WPKA Afrika en toe WPKA Wêreld Swaargewig Professionele Volkontak Thaiboks-titel gewen. (My broer, Sebastiaan Rothmann het byna terselfdertyd die IBO en WBU Wêreld Kruisergewig-Titel verower en ses keer suksesvol verdedig.)

EK het in 2006 by SEESA (Pty) Ltd begin as regsadviseur (Suid-Afrika se grootste werkgewersmaatskappy), en vandag is ek die Nasionale Bestuurder van SEESA Training waar ons opleiding aan besighede reg oor die land verskaf – en ons vinnig besig is om een van die grootste opleidingsinstansies in SA te word. 

Ek het onlangs ook teruggekeer na die gevegs-kryt waar ek my eerste MMA geveg (hok-geveg) gedoen het, en sommer ook ‘n maand later weer ‘n opstaan-geveg (Thaiboks). Ek kan nie glo ek het so lank gewag om weer te begin nie, want ek het dit geweldig geniet (blou-oog en al).

Tussendeur volg ek my groot passie, naamlik om by skole en besighede te praat oor die 'Strewe na meer in die Lewe'. Die seminaar staan bekend as, Discover the Warrior Within, en dit bestaan uit drie afdelings, naamlik:

1. 'n Bespreking oor Waardestelsels vir 'verhewe' besluitneming
2. 'n Interaktiewe selfverdedigingskursus
3. Beginsels vir die vorming van 'n lewensstrategie.

Uiteindelik streef ek daarna om die wêreld 'n beter plek te maak, en of ek sukses behaal of nie, ek glo dat ek in die proses self sal groei en dit maak dit alles die moeite werd.

Gesels verder met Paul:
Twitter: @PaulRothmann1
Facebook: Paul Rothman Fans

Don Juan de Marco
28 Februarie 2012 (22:04:36)

So af en toe, veral op ‘n Sondagmiddag, bederf ek myself met ‘n lekker DVD, gewoonlik om net so bietjie af te skakel en te ontspan. So het dit gebeur dat ek ‘n regte ‘classic movie’ uitgegrawe het in die vorm van Don Juan de Marco, met Johnny Depp en Marlon Brando.

Ek het dit jare gelede gesien, maar net met een oog gekyk, en om een of ander rede die kruks van die storie gemis. Maar, toe ek dit nou weer kyk, het dit ʼn reuse impak op my gemaak.

Ek gaan probeer om nie die hele storie weg te gee nie, so in kort:

ʼn Jong man (Depp), wat aantrek-, optree soos, en deels glo dat hy ene Don Juan de Marco is (ʼn Spaanse rykmanskind), wil sy eie lewe neem weens ʼn liefdesteleurstelling. Hy word dan na ʼn sielkundige (Brando) geneem, wat moet poog om hom te genees van sy klaarblyklike malheid. In die proses vertel die jong man daagliks vir die sielkundige van sy wonderlike avonture en romantiese wedervaringe. Don Juan hou homself voor as die wêreld se beste minnaar.

Die sielkundige word meegevoer deur die verhale, en sy eie lewe kry skielik nuwe vuur en passie. Maar voortdurend wonder hy (en die kyker) wat is waar, en wat is bloot die pasiënt se ‘mal-skeppings’.

Ek gaan nie die res van die storie weggee nie, maar ek wil wel met jou deel wat ek daaruit geneem het: Ons persepsies (ervarings) van die wêreld, is ons realiteit. (Of dit nou vir ander so lyk, of te nie... vir jou, is dit jou realiteit. (Al die pyn. Al die vreugde. Al die mooi. Al die lelik.... Hoe jy die lewe ervaar, is jou realiteit.)

Wanneer jou persepsies egter dramaties van ander mense sin verskil, en jy boonop daarvolgens optree, dan word jy gewoonlik snaaks aangekyk, en uiteindelik in ʼn malhuis gegooi. Want... jy verskil te veel van ander mense. Dit is die gevolg van ‘te’ buitensporige persepsies en optredes.

MAAR, (en hierdie is die punt wat ek wil maak):

Jy kan, jou persepsies kies, en jy kan jou persepsies en optrede beheer.... Dit impliseer dus dat jy jou realiteit kan kies, EN BEHEER.

Dus, as jy wil kies om jouself te beskou, as ene Don Juan de Marco, die wêreld se beste minnaar, dan word dit jou realiteit. En as die gevolge daarvan te negatief begin word (soos ʼn dreigende malhuis), kan jy beheer neem, en weer net jou optrede so ietwat aanpas, sodat dit meer aanvaarbaar is vir diegene rondom jou. Dus kan jy steeds in die wonderlike persepsie van jou eie drome leef, sonder om heeltemal deur die samelewing verwerp te word.

Dink daaraan:

Sien jy jouself as ʼn deursnee persoon, wat elke dag van 08:00 tot 16:30 ʼn eentonige, sinnelose werk aanpak, en leef vir die verligting van die naweek?

Of, sien jy jouself as ʼn ridder of ʼn prinses wat deur hul daaglikse strydvoering en uitdagings ʼn beter lewe (ʼn pragtige kasteel en paradys) skep vir hul geliefdes?

Vir mense wat van buite af kyk, gaan jy steeds dieselfde aktiwiteite en roetines aanpak. Maar binne in jouself, in terme van jou eie persepsie, is jy besig om die wêreld te verander en te herskep na iets beters.

Ek reken, solank jy jou persepsies en optredes so kan beheer dat die gevolge van jou dade meer positief as negatief is, klink dit vir my na ʼn wonderlike manier om te leef. (As jy kies om jouself te sien as ʼn lui-strandbewoner wat niks hoef te werk nie, gaan die baie fisiese gevolg, van geen geld en geen kos, ʼn lelike skok wees.

Onthou, “You can escape your reality, but you cannot escape the consequences of your reality”.

So, gegewe die bogenoemde, wil ek julle uitdaag om vir ʼn week lank, jul persepsies volkome aan te pas volgens jul grootste fantasieë (met inagneming van die gevolge).

Oorweeg die volgende basiese voorbeelde:

* In jou grasperk buite - sien jy jou paradystuin.

* In jou braaivleisie – sien jy jou koninklike feesmaal.

* In jou werk – sien jy jou waardige stryd tot sekuriteit.

* Ensovoorts

Laat my weet... maar as iemand in die tronk opeindig, aanvaar ek geen verantwoordelikheid nie. Ek sal julle laat weet hoe my oefening uitgedraai het.

 

DIY-tafel

Dan moet ek ook net noem dat ek die afgelope naweek ʼn vinnige buite-tafel aanmekaar geslaan het. Jip, ek gaan dalk nie enige ingenieurs-toekennings ontvang nie, maar dis funksioneel en nie onooglik nie. Ek het sommer ʼn paar ou weggooi ‘scaffolding’ planke aanmekaar geslaan, en langs die pad ʼn halfgeboude mandjierak-kassie gekoop, vir net R120.00, om te dien as pote. Ek het als in onder ʼn uur aanmekaar geslaan, en sommer nog die aand gebruik.

Dus, ʼn lekker buite tafeltjie, sowat 60cm breed, en 1.5m lank, vir minder as R150.00. (Ek moes ʼn paar skroewe en boorpunte koop. Die planke het in die tuin gelê.)

Ek gaan dit maar sê... ek is baie trots op myself.

 

Park Acoustics

Laastens: Ek het die naweek afgekom op nog ʼn versteekte Pretoria-skat, naamlik Park Acoustics. Eenmaal per maand word daar musiek gemaak by Fort Schanskop (op 'n deel van die Voortrekker Monument se gronde). Jy kan onder ʼn reuse ou Akasiaboom (laat my weet as ek verkeerd is oor die boom) ʼn kombers op die grond gooi, ʼn eet- en drinkdingetjie geniet, en rustig na die musiek (gewoonlik sagte ‘folk-rock’) luister.

Ek gaan verseker ʼn gereelde besoeker wees.

Nou ja... dis genoeg van my.

Hou my op hoogte van jou doen-en-late.

Sterkte

Paul 


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development