SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Jana du Preez

 
Jana du Preez
Jana du Preez Jana du Preez Jana du Preez
Jana du Preez Jana du Preez Jana du Preez
Jana du Preez
Jana du Preez

Vir 5 jaar al reis ek die land plat in my Pasella-Regisseurskoene – drink sterk moerkoffie in vele plattelandse kombuise, gesels met bekendes en loer so dan en wan oor die skouers van diegene met selfhelpidees of tuinmaakwenke.

Agter die skerms lag ons, sweet ons en sukkel ons soms met skedules, die weer en, gewoonlik, klank. Die meeste plekke is tjoepstil tot 'n onderhoud opgeneem moet word. Dan vlieg al wat 'n vliegtuig is, lui al wat 'n foon is of word 'n grassnyer, iewers in die verte, onbereikbaar, aangeskakel.

So, nou-die-dag bevind ek myself weer op 'n lang pad iewers in die Suid-Kaap, struktuur op die skoot en aan't gesels met my span, toe Dieter vra hoekom ek nie ook blog nie? Ek skryf immers met elke kans wat ek kry (gewoonlik met iemand anders se pen want myne is alewig soek!). Waarom dit nie net 'n stappie verder vat nie, en skryf vir dié wat die ervaring agter die skerms ook van naderby wil bekyk en saam daarin wil deel?

So, hier's hy, Dieter. Jy kan maar jou penne weer vashou vir 'n ruk. Aan die res, lekker saam lees!  

Dit Reen Op Die Noordkus
02 April 2012 (14:31:32)

Dit reen of die Noordkus

Die jaar 2012 begin op ‘n drafstappie, en my eerste reisgids lei ons weer na die lowerige paaie van die mooie Noordkus. Hierdie keer kom ons drie stories skiet: ‘n Kampstorie, ‘n staproete in die Dlinza woud en, natuurlik, ‘n kosstorie (wie wil nou nie met al hierdie heerlike produkte kom kosmaak nie?).

Maar soos dit gaan, is geen pad ‘n gelyk pad nie, en gooi die Kwazulu Natalse weer ons skedule behoorlik omver.

Eers tref ‘n hittegolf ons so dat ons sakke bult van die waterbottels en ons so blink van die dik lae sonroom dat mens verwag om eiland-vakansiemusiek om ons koppe te hoor. Hulle sê daar is nie iets soos ‘n dame in Natal nie, almal sweet (of ‘gloei’ soos my oupa sou sê) soos manne. Ek en Charlene kyk na mekaar en sê ons hoop die dames is dié wat darem beter ruik…

Mfundo, ons kameraman, sukkel met die lug wat dan te helder, dan te kontrastrerend is - en die arme gaste sukkel om nie met skrefies-oë te praat met die son van bo en ons weerkaatsbord van onder nie. Tog druk almal deur en ons skiet oulike stories op die Zinkwazi rivier en twee kampterreine.

Bo Eshowe se Dlinzawoud begin die wolke al saamtrek en almal wat ons teëkom voel dis hulle heilige plig om ons te vertel dat dit reën beteken (al probeer ons hard om dit te ignoreer!)

Gelukkig is Roger, ons gids, baie optimisties en met ‘n nat vinger in die lug belowe hy plegtig dat die weer sal hou.

Met nuwe hoop skiet ons die mooiste onderhoude in die woud – klim ‘n wildevyeboom, hoor allerhande Zoeloe-mites en luister met groot oë terwyl Mana en Roger ons van van die plante se gebruike vertel: hierdie een help vir ‘n tiener se slegte vel, ‘n ander teen histerie. Daar’s tot plante wat jy op jou dak kan plant om weerlig af te weer! Die hoogtepunt is natuurlik om die staproete tot bo die wouddak te volg en ‘n uitsig te kry soos min. Die ‘boardwalk’ is gebou deur ‘n verveelde suikerboer van die omgewing, en ek wonder of hy self ooit besef het van die wondere van blare sien wat jy nooit andersins sou sien nie, voëls wat net daar bly, wat nooit afgaan grond toe nie. Ongelooflik.

Dit Reen Op Die Noordkus

En toe, toe is dit 4 namiddag en dit voel of dit oombliklik nag word. Die dreigende wolkies is skielik ‘n watertenk wat wag om te kraak, en die woudskadu’s word pikdonker. Maar ons het nog een onderhoud oor - ons moet darem praat oor die klein blouduikertjie wat daar voorkom - so ons skarrel vinnig tot by ‘n oop, ligte deel van die woud en stel die skoot op. Roger maak of hy die duiker sien en sê: “Kyk die blouduiker, Charlene…,” toe Charlene sê: ”Kyk, Roger, daar’s regtig ‘n blouduiker!” En sowaar, met wolke wat wil-wil bars en die lig wat wil-wil verdwyn, kruip die ou bokkie versigtig agter die woudgordyn uit tot reg agter ons twee gidse en Charlene, ene asof ons nie bestaan nie. Sonder ‘n woord gryp my handige kameraman die kamera en beduie fluisterend links en regs skote sodat ons die bokkie agter hulle sien terwyl hulle oor hom gesels.

‘n Magiese oomblik is iets wat nie in die beste struktuur of skedule beplan kan word nie.

Dis altyd vir my ‘n groot oomblik om “Wrap!” te sê aan die einde van ‘n shoot, want ‘n deel van my is verlig dat ons nou die storie in die sak het, ‘n deel is bekommerd en hartseer want daar’s altyd meer om te sien, en ek moet myself vra of ek regtig regtig elke skoot het! Maar toe daardie bokkie weer suutjies terug verdwyn in die woud en die eerste reëndruppels op ons begin val, kyk gidse en skietspan met groot glimlagte na mekaar toe ek tevrede sug: “Dis ‘n Wrap!” en ons na die beskutting van ons bakkie hardloop.

Na Eshowe is ons Ballito toe en dis hier waar die wolke op ons begin spoeg. Sambrele word uitgehaal en Charlene moes selfs vir ‘n rukkie ‘n sak oor haar kop sit om net haar hare droog te hou! Maar skiet moet ons skiet, want nog twee dae lê voor waartydens ons drie resepte moet gaan afneem (darem onderdak) en nog twee plase moet besoek om plaaslike produkte te kry.

Met die Valayadams werk ons toe sommer ‘n sambreel in die onderhoud in terwyl Bala ons vertel oor kerrieplante, en hoop die nat skouers is nie te opvallend nie.

Die volgende oggend stuur Cindy Valayadam ons elk met ‘n pakkie van haar spesiale Garnaal- kerriedis in die hande lughawe toe, en ek sit met ‘n dankbare hart (en mond wat effens brand) op die vliegtuig na die Kaap en dink dat, ten spyte van die reën en uitdagings, alles tog op die ou einde uitwerk soos dit moet.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development