SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Dieter Voigt

 
Dieter Voigt
Dieter Voigt Dieter Voigt Dieter Voigt
Dieter Voigt Dieter Voigt Dieter Voigt
Dieter Voigt Dieter Voigt
Dieter Voigt

Ek is gebore in Mosselbaai en die derde van vier broers. Die skool, sport, see en maats was die groot feeste in my lewe. Na skool het ek vir ʼn verdere 4 jaar B.Ed studeer om weer terug te gaan skool toe. My eerste en enigste pos was by Mikro in Kaapstad waar ek 5 baie gelukkige jare spandeer het. Dit is ook daar waar Pasella  ʼn profiel storie met my gedoen het.

Ek het ook die Mnr SA titel gewen en een van die grootste voorregte van daardie jaar was om soveel inspirerende Suid-Afrikaners te ontmoet. Ek kon nog altyd vir ure na ander se stories luister en neem graag van hulle wyshede met my saam. ʼn Vriend het 'passie' eendag vir my verduidelik as iets wat jou hoendervleis gee. Ek geniet gereeld ʼn hoendervleisie op my arms as ek hoor van iemand wat die "odds" teen hom het en nog steeds bo uitkom. Ons het sulke diverse mense en kulture in ons land en daar is elke dag soveel helde wat opstaan en die wêreld ʼn beter plek maak. Ek floreer op daardie tipe inspirasie. Pasella gee my die geleentheid om duisende sulke mense te ontmoet, en ek sien uit daarna om nog miljoene van julle te leer ken!

Baie dankie dat julle elke week julle Televisies op SABC 2 sit. Ons kuier graag saam in julle sitkamers. Ek is baie opgewonde oor hierdie nuwe avontuur en sien daarna uit om dit saam met julle te ontdek.

Vrede
Dieter

Gesels verder met Dieter:
Twitter: @dietervoigtsa
Facebook: Dieter Voigt Fans
Instagram: @DieterVoigt



Lank laas gesels!
09 November 2011 (17:41:07)

Hallo julle!

Ons het baie lank laas gesels en daar is 'n hele paar opwindende dinge wat die laaste tyd in my lewe gebeur het, so ek deel graag my vreugdes met julle!

Dieter Voigt trouOp 15 Oktober het ek en my pragtige vroutjie getrou en dit was eerlikwaar een van die wonderlikste ervarings en mooiste dae wat ek nog beleef het! Ons het ons lyf troukoordineerders gehou en sommer self ingespring met die hulp van n paar kosbare vriende. Julle kan gerus gaan kyk na ons blog by www.dieter-martelize.com. Daarna het ons 'n wonderlike wittebrood gehad. Julle kan ons ervarings en fotos ook volg op ons webtuiste.

Met die tuiskoms na die lekker Dieter by Ford bakkieontspan het ek alweer op die vliegtuig gespring en Nelspruit toe gevlieg om die bekendstelling van die nuwe Ford Ranger mee te maak. Wow! Wat 'n ervaring! Ek het al so 3 maande gelede 'n foto van die nuwe bakkie in 'n tydskrif gesien en toe al uitgeknip en gese: "Eendag gaan ek met hierdie bakkie ry!" En toe word die droom waar. Dit was 'n wonderlike ervaring! Ek het die ontwerper uit Australie ontmoet, die hoof ingenieur van Engeland en die bemarkingspan van SA.

Terug in die Kaap het ek weer aan die werk gespring en my gewig agter die Pasella-span ingegooi. Ons het gekook en gebou. Ons Dieter op 'n swaaihet in Somerset-Wess waaie gemaak. Dit het sommer die kind in my wakker gemaak. Ek kan nie wag om swaaie vir my kinders te bou nie!

Daarna het ek by ICA gaan Rolkoek bak! Te lekker! Ek eet nog van die troue af elke dag koek, na dese is dit dalk tyd om die koek weg te pak sodat ek kan gereed wees vir die somer. Maar ek kon darem nog n paar stukke van die rolkoek inpak!

Vandag skiet ek vir 'n oorsese klient hier in Kampsbaai. Dis n baie ontspanne atmosfeer en ons kyk uit oor Seepunt. Glad nie slegUitsig uit Seepunt nie! Ek het ook 'n draai op die verhoog gemaak as 'n seremoniemeester by Old Mutual. 500 pragtige dames, maar my enetjie by die huis is nou my gunsteling! Ons het geld help insamel vir iemand wat baie siek is met kanker. Ek het opnuut besef hoe groot gawe gesondheid is en dat n mens mooi na jouself en jou geliefdes moet omsien.

Tussen dit als swot ek nogsteeds en geniet die ekstra stimulering sommer baie. Ek oefen ook lekker hard, dis mos tyd vir nuwe doelwitte! Ek wonder net wie die somer hier in die Kaap gekanseleer het, maar ek glo die damme is amper vol en dan gaan ons braai.

Hoop dit gaan goed met julle almal! Laat hoor gerus waarmee julle alles besig is. Wat 'n voor reg om te lewe en soveel seeninge elke dag te ervaar.

Groete Dieter


Kommentaar / vrae:

 Hi mnr dieter ek is nou in graad 7 by laerskool mikro wil net vrae hoe gaan dit
deur jc Macfarlane
15 February 2012 19:36:37




 Hi Dieter
Baie geluk op die troue Moet se julle het darm pragtig gelyk mag die nuwe jaar vir
julle mooi dinge bring.

Chanel

deur Chanel Coetzee
17 January 2012 11:08:43






Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development