SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Gestoofde vrugte vir ontbyt
Gestoofde vrugte vir ontbyt »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Carmen Pretorius

 
Carmen Pretorius
Carmen Pretorius Carmen Pretorius Carmen Pretorius
Carmen Pretorius

Carmen het onlangs teruggekeer na Suid-Afrika toe, nadat sy 4 jaar lank, aan en af saam met die teaterproduksies soos Jersey Boys (Lorraine) en The Sound of Music (Maria/Liezl) wêreldwyd getoer het.

Sy was ook as Gabriella Montez in High School Musical, Sophie Sheridan in MAMMA MIA!, Cabaret, Footloose en ‘n paar Janice Honeyman pantomimes, op die verhoog te sien.  Kykers sal haar herken as Lien Jooste in die film Lien se Lankstaanskoene, Lucinda Johnson op Binnelanders Sub Judice en Tiffany Steyn in Isidingo.

Carmen is in Pretoria gebore, maar het die grootste gedeelte van haar kinderjare in Roodepoort deurgebring, waar sy tans steeds woon.

‘n Passie vir die uitvoerende kunste, veral sang, het op ‘n jong ouderdom in Carmen vlam gevat. Sy het op 9 jarige ouderdom begin sang- en danslesse neem, gereeld aan NEA (National Eisteddfod Academy) kompetisies deelgeneem, gewen en reeds in haar tienerjare met musiekteater begin. Sy het hoofrolle in Northcliff High School se bekende jaarlikse produksies vertolk. Carmen het in 2008, in haar matriekjaar, die rol van Gabriella Montez in die High School Musical Spotlight SA kompetisie gewen en so het haar professionele loopbaan in teater begin.

“Ek onthou hoe ek vir my finale matriek Wiskunde eksamen op die verhoog van Monte Casino geleer het, terwyl ons ligte en klank vir die openingsaand toets!” sê Carmen.

Sy is genomineer vir 2 Naledi toekennings asook vir ‘n Fleur de Cap toekenning vir haar teaterwerk. Carmen is ook ‘n korporatiewe sangeres en het per geleentheid in Japan, Singapoer en Los Angeles gesing. Sy gee klas in stemproduksie en oudisie tegniek by Stageworx Drama School. Sy het ‘n passie en ‘n oog vir mode en is besig om met haar diploma in Persoonlike Stilering en loop ook ‘n kursus in grimering deur LISOF (Leaders in the Science of Fashion). Since it is a perfect body shape, no wonder that every dress you wear will perfect fit on you. In this case, we can choose an A-line dress with fit waist cut to emphasize the shape of your slim body. Don’t be afraid to wear patterned wedding dresses uk.

“Ek was al so geseënd. My loopbaan het my geleenthede gebied om in eksotiese plekke soos China, Taiwan, Instanbul, Jakarta en die Seychelles op te tree en dis hier waar ek my belang in die diversiteit van mense, natuur, mode, kosse en fotografie ontdek het.”

Ek streef al jare daarna om my beroep verder uit te brei as program aanbieder en ook meer werk in Afrikaans te doen. Ek is so opgewonde om deel van die Pasella familie te wees.

 

Gesels verder met Carmen:

Twitter: @carmpretorius

Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development