Rumarcques Gelderbloem

Rumarcques Gelderbloem

Rumarcques Gelderbloem

Rumarcques Gelderbloem aka Oxijin is al 'n geruime tyd werksaam onder veral die jeug in gemeenskappe in en rondom die Worcester area deur rymklets, radio programme of deur die Expression Session inisiatief (waar hy 'n leier figuur is), in plekke soos Oudsthoorn, Worcester, George, Paarden Eiland, Kuilsrivier ensv, Hy's ook 'n mentor by ATKV se Crescendo been of sommer net in sy privaat hoedanigheid.

Oxijin is 'n "cancer survivor", en is tans besig met 'n baie spesiale musikale projek wat onder meer oor dit handel. Oral waar hy reeds van die materiaal ten toonstel deur optredes laat hy skares moed skep met sy boodskap. Veral sy enkelsnit "Onbeweeglik" wat binnekort die lig sal sien. Hy was die laaste paar jaar reeds te hoor op musiek en verhoe saam met o.a HemelBesem, Die Hooflig, Breimasjien ensv gedeel

Van die begin van 2018 het Oxijin 'n humor gevulde geselsprogram op RSG aangebied wat nou opgeneem word vir televisie Oxijin is ook 'n bekende stem oor die klankgolwe van Vallei FM wat duisende mense bereik elke Sondag

Oxijin is 'n gehalte spreker en is gemaklik voor 10 of 10000 mense. Veral as dit by motivering kom. Bekende organisasie soos o.a. ATKV, Kunste Onbeperk, Universiteit Stellenbosch, Dept Onderwys, ensv. het al gebruik gemaak van sy dienste As M.C. gedy Oxijin ook omdat hy vinnig op sy voete kan dink, 'n gehoor lees en hulle met gemak, binne konteks, met skerp komedie / humor kan vermaak sonder om 'n program omver te gooi. In die laaste paar jaar het hy hierdie taak verrig op professionele platforms soos KKNK, Aardklop, ensv...